Produksie Span

Carl cr
CARL STEMMET

Akademie:
  • BACHELOR OF ARTS Motion Picture Medium – AFDA (National School of Motion Picture Medium and Live Performance) met hoofvakke Regie en Draaiboekskryfteorie vir rolprente – 2005
  • BACHELOR OF ARTS DRAMA HONNEURS – Universiteit van Pretoria met hoofvakke Drama, Regie en Draaiboekskryfteorie – 2006
  • MEESTERS GRAAD in DRAMAVERTONING – Universiteit van Pretoria met hoofvakke Regie en Draaiboekskryfteorie – 2011
    Tesis Titel: Trust no Truth – An analysis of the visual translation styles in the conspiracy film
  • Junior Lektor – Universiteit van Pretoria se Drama Departement, gee onderrig in “Acting for Camera” (2006 – 2008)
Ondervinding in:
  • televisie produksie as vloerbestuurder, produksie assistent, assistent regisseur, tegniese en kreatiewe regisseur en redigering vir nasionale televisie
  • draaiboekskryf (insluitend ‘n vol lengte rolprent), die vervaardiging en regie van kort films
  • multi-kamera regie vir televisie
  • “op kamera” aanbieder vir lewende uitsendings op televisie
  • as akteur: hoofrol in plaaslike, bekroonde kort film sowel as hoofrol in mini-reeks en drama reeks wat op nasionale televisie uitgesaai is; kort verskynings in ‘n plaaslike daaglikse sepie en ‘n rolprent
Tegniese ondervinding:
  • Voltooi twee kort films wat op 16mm film geskiet is in 2005, waarvan een vir uitsending op nasionale televisie gekies is
  • Skryf draaiboek en behartig regie van ‘n kort film met 3de jaar studente van die Universiteit van Pretoria se Drama Departement in 2006
  • Regie en verfilming van die 3de jaar studente se Oudisie “Show-reels”, Universiteit van Pretoria se Drama Departement in 2006, 2007 en 2008
  • Skiet en redigeer ‘n dokumentêr oor Mapungubwe vir die Universiteit van Pretoria se Drama Departement in 2008
  • Skiet en redigeer “stop-motion” animasie vir die Universiteit van Pretoria se Drama Departement vir die Grahamstad verhoogproduksie in 2008
  • Behartig die regie en redigering van Wise-Up / Words and Numbers, ‘n rekenaar gegenereerde opvoedkundige spanspeletjie vir skoolkinders op SABC 2 in 2009, 2010 en 2014
  • Behartig die regie en redigering van die Noot vir Noot promosiemateriaal vir SABC 2 (2009-2014)
  • Medeskrywer van die draaiboek vir die rolprent “JA BOET” in 2011
  • Behartig die regie en redigering van Musiek Trivia vir KykNET in 2012
  • Behartig die regie en redigering van Noot Vir Noot Potpourri vir SABC 2 in 2013
  • Kreatiewe regisseur by Stemmburg Televisie – 2009 tot huidiglik

Andile cr
ANDILE RADEBE

Akademie:
  • BACHELOR OF ARTS Motion Picture Medium – AFDA (National School of Motion Picture Medium and Live Performance) met hoofvakke Animasie, VFX en Draaiboekskryfteorie – 2009
Ondervinding in:
  • 2D “cut-out” animasie
  • 3D modellering en animasie
  • visuele effekte, bewegende grafieke en “compositing”
  • tekeninge en illustrasies
  • animasie uitlegte en tekening van “storyboards”
  • karakter ontwerpe, spesifiek op animasie gemik
Tegniese ondervinding:
  • Internskap by Animazing
  • “Key” animeerder by Paper Cut ateljees
  • Animasie regisseur by Stemmburg Televisie – 2012 tot huidiglik

Back to top