Animeerders

Om ‘n reeks te animeer is ‘n lang proses – die span van 10 streef daarna om 30 sekondes ‘n dag te animeer! Dit is dus geen wonder dat die animasie vir Systraat in Maart 2015 begin het en die dertien 24 minute episodes sal teen die einde November 2015 voltooi word!

Carl Stemmet het eers al die draaiboeke geskryf en die animatics is daarna deur Andile Radebe geteken.  Animatics , die swart en wit beelde / poppe, is die basiese sketse vir die animasie en wys vir die animeerders watter bewegings die karakters moet maak asook die tydsberekeninge van die bewegings.
Andile teken en bepaal die tye van al die animatics en dan redigeer Carl die animatics om die regte tempo te kry vir die episodes.

Rigging & layouts:   dit is waar die karakters, rekwisiete en agtergronde gebou word.

House LINE ARTHouse - filled in

 

 

 

Rig 2

Rig 1

Compositing:   al die karakters en agtergronde per toneel word saamgeplaas sodat dit na die sleutel animeerders gestuur kan word om geanimeer te word.

Composite

Key animation:   al die karakters word van die animatics (die swart & wit beeld aan die regterkant van die skerm) geanimeer.

Animatic 2

Die sleutel animeerders:

Key 1

Key 3

Key 2

 

 

 

 

 

Clean-up:   nadat die tonele klaar geanimeer is word hulle weer nagegaan en enige klein foute met die beeld of die lip-sync word reggemaak.

Clean-up

Layout & rigging animeerders:
  • Mkholisi Tikishort Mene
  • Mduduzi Tshabalala
Composite & Clean-up animeerders:
  • Thabiso Motsoeneng
  • Diona Stevic-Marinko
  • Kgothatso Bruce Malatji
Sleutel animeerders:
  • Francois Venter
  • Sibusiso Mndaweni
  • Xolile Ngwenya
  • Manqoba Lwazi Mchunu

Back to top