Tuis

SYSTRAAT –

Suid-Afrika se eerste geanimeerde televisie komedie reeks!

Uiteindelik het Suid-Afrika sy eie geanimeerde TV familie! Welkom by SYSTRAAT!

Systraat is ‘n humoristiese geanimeerde Afrikaanse TV-reeks wat die doen en late van die Kotze’s, ‘n tipiese Suid-Afrikaanse gesin, uitbeeld.

Kotzes cr

“Systraat” maak TV geskiedenis!

Hierdie is nie net die eerste Suid-Afrikaanse geanimeerde TV komedie reeks nie maar dit is ook die eerste keer dat enige SABC TV program op YouTube première voordat dit op TV uitgesaai word!

“Systraat” maak inbraak op die digitale era waar televisie ‘op aanvrag’ gekyk kan word – mense kan ‘n program enige tyd, op enige plek, selfs oorsee, kyk. Die stories en die humor is nogsteeds eie aan Suid-Afrika.

“Systraat”word op Dinsdae, vanaf 24 November 2015 om 20h00 op SABC 3 se YouTube kanaal uitgesaai – google  YOUTUBE SYSTRAAT ep ? (die episode jy wil kyk). Die episodes sal op YouTube beskikbaar wees selfs na die weeklikse Dinsdae uitsendings.

Die reeks bestaan uit 13 episodes – maak seker jy mis nie ‘n enkele een nie!